
Die Weskus bly eenvoudig n mooi plek. Langebaan is altyd n goeie keuse om by te trou. Thys en Hendriëtte het Long Acres gekies as hul venue, terwyl sy en haar gevolg gereed gemaak het by The Farmhouse Hotel op Langebaan.
Hendriëtte het van die begin af toe ek haar ontmoet het,vir my vrye keuse gegee vir die foto sessie. Ek kon regtig doen wat ek wou, daarom het ek besluit om hulle onder andere te neem na die Natuurreservaat op Langebaan.

Ek het met aankoms vroegoggend na Sanparks se kantore gegaan en 'n permit gereël om in die Reservaat te kan gaan fotos neem - en dis waar hierdie verlate wit huisie staan. Ek kon sien dit was n groot verrassing toe ek hulle later die middag soontoe neem. Die fotos spreek vanself...




Oppad na die wit huisie, het hulle my gevolg in hulle troukar, wat 'n 1958 Buick Special was. Hierdie Buick is net weer n bewys dat die 50's goeie jare was! Vir dié wat my nie ken nie - ek is mal oor karre in enige vorm - so toe ek vroeër die middag die Buick sien, toe weet ek - hier kom n ding :)



Verder,kan 'n mens mos nie in die hartjie van die Weskus trou sonder n paar strand fotos nie. Dit was besig om hoogwater te raak toe ek afgekom het op hierdie bootjie. Ek kon seker nie vir n meer gemaklike couple gevra het nie, want toe ek voorstel hulle moet in die bootjie klim, toe skop hulle dadelik daai skoene uit.



















